Gedagte vir die dag: God se mense

Foto: Allen Taylor/Unsplash.com
Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees. (2 Korintiërs 6:16)
Hoeveel betekenis is nie vervat in dié twee woorde nie: “My mense.” Dit maak hulle spesiaal. God het hulle met sy eie bloed gekoop. Hy was vir hulle lief met ’n ewige liefde, ’n liefde wat selfs nie deur baie water uitgedoof kan word nie.
Kan jy jouself sien as een van die uitverkorenes? Kan jy na die hemel opkyk en sê: “My Here en my God, U is myne deur die verhouding wat U gevestig het, waardeur ek U my Vader mag noem, en U is myne deur daardie heilige gemeenskap wat ons het wanneer U Uself aan my openbaar en ek my in u teenwoordigheid kan verbly”?
As jy kan, dan sê God van jou en van ander soos jy: “My volk.” Want as God jóú God is, het die Here jou op ’n baie spesiale manier lief.
Bron: Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Maak ‘n bydrae
Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit oor naweke en vakansiedae tot die volgende weeksdag om 06:00. Kom kuier gerus later weer!
Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.